'n Ruimte waar ons gemeente blog vir 'n vale!

Welkom!

Jy is hier! Welkom by die NG Kerk Dordrecht se blog. Hier kan jy uitvind wat gebeur, ons weeklikse Bulletin lees en sommer kyk wat al gebeur het, met die foto's om dit te bewys. Ek hoop jy het baie tyd, want hier gaan jy vashaak! So gaan kry gou vir jou 'n lekker beker vars boeretroos, haal die foon van die mikkie af en sit die selfoon af, want hierdie is soos kerk. Geen steurnisse toegelaat. ;-) Piet

Nuutste

Boodskap vanaf die kerkraad vir die gemeente op die vooraand van 2013

Die volhende boodskap is tydens ons Middernag diens op 31.12.2012 deur oudl. André Myburgh, namens die kerkraad voorgelees:

Namens die kerkraad wil ons alle lidmate en besoekers hartlik welkom heet. Aan ons leraars wil ons dankie se vir alles wat hulle vir ons gedoen en beteken het gedurende 2012. Die voorstel vir n middernagdiens het ook van hulle gekom waarvoor ons baie dankbaar is en vertrou ons dat dit weer n jaarlikse instelling sal word.

Die feit dat ons 2013 op so wyse kan begin, gee ons die hoop dat ons almal die nuwe jaar met n positiewe gesindheid sal binnegaan en wens ons die totale gemeenskap van Dordrecht n vreugdevolle en baie voorspoedige 2013 toe . EN AAN ONS HEMELSE VADER AL DIE EER EN LOF TOT IN EWIGHEID.

Hierop wil ons net sê: Amen!

Advertisements

Die Sinodale Kommissie hou nabetragting

Vanmore is die Baai besonder geseënd. Hoe so? Hier in die Vriendelik Winderige stad van Suid Afrika vergader dominisse en ouderlinge en dom mense soos ek om as Sinodale Kommissie te vergader. So het ons gehoor dat apsalm ons herinner om geregverdig te wees, en nie in die kring van spotters te sit nie. Daarom sit ons vandag nie in ‘n kring nie, maar in klein groepies, want ons is so bang ons sit in die kring.

Een van die eerste goed wat ons doen, is om te gesels oor wat ons uit die Sinode van Junie 2012 geneem het, behalwe vir die ekstra 5kilo’s. Van die gedagtes is:
– ‘n Hernude fokus en betrokkenheid by Onderwysers.
– Hernude bande onder leraars van verskillende denimominasies.
– Dalk moes ons meer fokus op positiewe, effektiewe terugvoer na die gemeentes toe.
– Ons eleef die Sinode as ‘n watertafel wat onder die grond lê. Jy sien hom nie altyd nie, maar as jy hom nodig het, is hy daar.
-Ons probeer om God se stem te hoor, en nie soseer God se stem te probeer wees.

Aan almal in die gemeente in Dordrecht

Ons as gemeente is op die oomblik besig om in ons wyksbyeenkomste te gesels oor die boek Efesiërs. Ons het gesels oor die outeur, tyd van onstanaan, wie het die brief geskryf, vir wie is dit geskryf en wat is geskryf. Op die oomblik gesels ons oor die eerste 12 verse van hoofstuk 1, en ons moet vir onsself afvra wat ons daaruit kan neem? Met ander woorde, wat is daardie drie bullet points wat ons kan hoor. Verskeie wyke het al hieroor gesels, en daarom plaas ek graag van die gedagtes:
– Ons as christene word geroep om verantwoordelik/accountable te wees.
God het ‘n plan, en ek en jy is deel van dié plan.
– Ons moet meer fokus op verhoudings, en minder op sake.
– God se genade is vir ons genoeg.
– Ek en jy is elkeen persoonlik gekies, nie op grond van wat ons gedoen het nie, maar op grond van wat God gedoen het.
– Net soos wat God se genade vir my en jou genoeg is, is dit ook genoeg vir dié wat van jou verskil.
– Ons omstandighede beïnvloed verkeerdelik ons geloof en ons Godsbeeld.
– Die feit dat ons aan God behoort (lees: onder Sy beskerming staan) en in Jesus Christus glo, maak ons deel van Sy kerk.

Soos wat ons aangaan, sal ons nog gedagtes hier byvoeg. Hoekom sê jy nie sommer hieronder ook jou sê nie asselief? Lewer kommentaar, deel gedagtes asseblief!

Dag van gebed.

Vriende, ek het gisteraand, soos baie ander predikante, ‘n e-pos ontvang m.b.t. Die huidige situasie van geweld by o.a. Lonmin myn. Ek is seker ek hoef niemand mee te deel dat hierdie geweld nie net gesentraliseer is tot die spesifieke myn nie, maar ook elders oor die land verspreid is. Die situasie in ons eie dorp is maar net nog ‘n voorbeeld hiervan.

Regoor die land, so voorspel politieke ontleders, gaan ons tot in Desember nog soortgelyke voorbeelde sien van op-die-oog-af sinnelose geweld. Met die oog hierop, is daar ‘n voorstel gemaak dat ons as christene more, Donderdag 23 Augustus 2012, tyd af te sonder deur in gebed vir ons land en ons mense in te tree.

Regoor die land is daar more gebedsbyeenkomste met hierdie doel van veroogmoediging en voorbidding in gedagte.

Daarom vra ons dat ons deurentyd, maar dan ook in die besonder more in gebed intree by ons Hemelse Vader vir ons land.
Mag God se teenwoordigheid en heling ons land in hierdie tyd dra, net soos telke kere in die verlede.

20120822-161239.jpg

Prent geleen by http://dlministries.wordpress.com/2012/02/02/suid-afrika/

Die pynappel dieet!

Vanmore is dit my voorreg om die volgende met julle te deel.
Sommigge van ons sit met die probleem dat die winter, biltong, koffie, Lindt sjokelade en dik vormlose klere maak dat dat…uhm…’n bietjie meer van ons is as waarmee on die jaar begin het. Nou, in boerdery is dit goed om waarde, en veral massa by te voeg by dieretjies in die wintermaande, maar jou kinders klim dalk deesdae Kilomandjaro teen jou bulte uit en di water hier in Dordrecht is so koud dat al jou klere gekrimp het. Moenie jou badwater drink, of jouself oorgee aan Selderysop en komkommerstokkies nie, daar is hoop. Die nuwe Pynappel dieet.

Basies werk dit as volg. Ojy moet probeer om drie porsies pynappel per dag in te neem, in watter vorm ook al. Dis is maklik, gesien in die lig va die verskillende maniere waarop ons pynappel kan inneem. En dis baie beter as ‘n lepel appelasyn of ‘n handvol neute as jou maag jou slukderm van selfmoord verdink. So kan jy vir jou ‘n lekker pynappelsap saam met jou ontbyt maak, en vanmiddag kam jy vir jou ‘n pynappel op jou Bacon, tamatie en kaas toastbrooedjiesit. Vanaand kan jy bietjie fyngemaakte pynappel saam met roomys eet, of dalk pynappelslaai. Of los die ‘n blik pynappel lank genoeg in die son, en siedaar: pynappel bier.

Die pynappels is vol antioksidante, en die suur werk enige vette in jou liggaam tee, so hoe meer jy eet hoe meer gewig verloor jy! Boonop smaak dit ook so lekker!

Hoop jy vind hierdie brokkie inligting nuttig!
Lekker eet.

Naskrif: Jy kan jou geblikte pynappel by die kerkkantoor koop teen R40 vir 4 kilogram! Nou dis wat ek ‘n bargain noem!

Die Sinode se voorstel van die belydenis van Belhar

Liewe vriende.
Gister se gesprek oor Belhar en die finansiële verslag daarna het ons tott laatnag besig gehou, so hier deel ek graag vandag die voorstel wat deur die Sinode aanvaar is:

Na ‘n indringende gesprek het die sinode die volgende besluit oor die Belhar-belydenis geneem: “Die Sinode ontvang die Belydenis van Belhar as ‘n geskenk uit God se hand, om God se stem vir ons stukkende land te wees.”

    In die gesprek het ‘n aantal deelnemers vrees uitgespreek vir die houding van lidmate by die huis.  Ds Rudi van Tonder het vertel hoe hy verlede jaar Algemene Sinode toe is met die voorneme om teen Belhar te stem.  Tydens die Algemene Sinode het die Here hom egter oortuig om vir die proses om Belhar goed te keur in die kerkverband te stem.  Toe hy by die huis kom, het hy gevind die Here het die pad vir die belydenis namens hom oopgemaak.  “Die Here oortuig mense self, en doen ‘n baie beter ‘job’ daarvan as wat jyself kan doen,” het hy gesê.

Die pad vir die belydenis van Belhar van hier af loop deur gemeentes, kerkrade, ringe en uiteindelik weer die streeksinode na die Algemene Sinode toe. Dis ‘n uitdagende pad, sonder twyfel met op- en afdraendes, maar dis ‘n pad met ‘n uitsig na ‘n selfs mooier plek met rustigheid en aanvaarding.
Praat later weer!

Die Belydenis van Belhar

Op die agenda vanmiddag, iets wat my na aan die hart lê: Die belydenis van Belhar onder leiding van dr Jannie Richter.

Onthou asb dat ‘n belydenis altyd in ‘n warmwater situasie ontstaan, en dat dit altyd ‘n faset van jou geloof wil verwoord. Wat is jou opinie? Het jy al die dokument gelees? Is jy gemaklik met die inhoud? En die geskiedenis? Want, onthou dit is twee verskillende kante.

NGKOK Sinode Publieke Teologie-prof Piet Naude

Ons is vanmore hier in die Baai vergader om as sinode te bid. Te luister. Te eet. Te slaap. Nog te bid. Nog te luister. En so nou en dan met mekaar te deel en te gesels. Maar meer as dit. Veral dan ook te lees in die Bybel.

Prof Piet Naude gesels tans met ons oor Publieke teologie. Dit is eintlik ‘n vreemde begrip in die Bybel, want teologie en persoonlik leefruimte daar was eintlik een gewees. Die Bybel leer  jy is per definisie heeltyd deel van publieke teologie. Teologie word bedryf op die markplein en die tempelplein.

Van die vierde tot die sestiende eeu is hierdie status quo gehandhaaf, en enige gesprek oor hierdie onderwerp sou sinneloos wees. Die moderne samelewings is egter ‘n geval waar ons “publiek” en “privaat” skei, en geloof raak al hoe meer ‘n binnekamer verskynsel. Veral in die laat 1960’s het die stem begin weerklink dat die kerk weer in AL die lewenssfere moet posvat, iets wat ons verloor het hier in die sestiende eeu. Vroeër was die kerk en die kerktoring sentraal in die dorpe, en die ganse gemeenskap is gesentreer rondom die kerk. Met verloop van tyd het die raadsaal, of die politieke sfeer die dryfveer geword in samelewings en het die klem en stem van die kerk begin stil raak. En selfs later het die klem verskuif na die markplein, wat die ekonomie verteenwoordig.

Maar, die nuwe oplewing in “spiritualiteit” en erkenning van geloof as belangrike faktor in internasionale politiek/sakewêreld heropen die “publieke” geleenthede. Jy kan nie meer die politiek/ekonomie verstaan as jy nie die godsdienste van die wêreld verstaan nie, en dan veral Judaïsme en Islam.

Die NG kerk as publieke kerk vertel ‘n verhaal van 1652 tot in 1948 toe die Nasionale Party aan bewind gekom het. Toe was die NG kerk die publieke kerk. Vanaf 1948 het die NG Kerk geweldige invloed en mag gehad. Die doodskoot vir hierdie status was in 1996 toe die Wet nr. 108 het Sa ‘n konstitusionele demokrasie gehad. Die implikasie was veral viervoudig vir die NG Kerk:

1. Die Grondwet skep ‘n “neutrale” staat.

2. Wetgewing word gebaseer op menseregte.

3. NGK as institusie verloor publieke status.

4. Lidmate verloor aan hulle (politieke) publieke invloed.

 

Die waarheid is dat die publieke kerk groei vanuit christene wat in ontmoeting met God lewe. Kyk maar na Noag wat saam met God gewandel het. Moses het God by die braambos ontmoet nadat hy moord gepleeg het, Dawid ontmoet God in die veld tussen die skape, en Johannes die Doper het God in die woestyn leer ken. Die verhouding tussen God en mens was dus eintlik nog nooit beperk tot ‘n ontmoeting in jou binnekamer, of persoonlike sfeer nie, maar dit was deurgaans nog in die publiek waar God se harte kom aanraak het. Selfs Jesus het tydens sy aardse wandeling gereeld in eensame plekke teruggetrek om te bid.

 

As ons na die verhale van die christendom kyk, kan jy nie anders as om te wandel met God en in sy teenwoordigheid nie. En as jy met Hom wandel, dan wandel jy na die publieke ruimtes toe. Daarom moet ons eredienste ook iets hiervan weerspieël. Ons word toegerus en voorberei vir diens in die publieke sfeer. Daarom begin die seëngroet en al die skepe wat in die storms van die see ronddobber word gegroet en daar word vrede toegebid. Lofsange berei ons voor vir die reis wat ons aanpak, daarsonder kan ons nie in God leef nie. Elke moment en element van die liturgie dra die boodskap: Ons is op pad!

 

Vriende, ons weet ons kan nie alles vir almal wees nie. Maar ons moet kies waar ons as gemeente/sinode ons geloof op ‘n post-moderne manier kan uitleef. Prof. Piet naude sluit af met die woorde:  “The Church must become the voice of the voiceless”.

 

Hierop kan ek net antwoord: Amen!

 

Ons is op Wikipedia!

Gaan kyk gerus na ‘n artikel oor ons gemeente op die Afrikaanse Wikipedia http://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Dordrecht

Ons gaan Sinode toe!

Die eerste week in Junie kom al die dominisse en die kerkraadslede in die Baai bymekaar, nie om te leer swem nie, maar om te vergader. Om te gesels. Om bande te bou. Om te bid vir leiding. Om dankie te sê vir al die genade wart ons so onverdiend ontvang.

Verlede week kry ons ons Sakelyste, en ons maak toe ‘n datum vas waar al ons dorpie se afgevaardigdes bietjie gesels oor wat ons oor wonder, waaroor ons bly is en wat ons nie verstaan nie. Dit blyk toe dat ons almal spoedlees kan beoefen, want om die dokument te lees voor Maandagmiddag is ‘n uitdaging te midde van al jou ander eise.

Wat my opgeval het, is die wanpersepsie oor die verhouding tussen gemeente, kerkraad, Ring, Streeksinode en Algemene Sinode. Nie soseer by ons afgevaardigdes nie, maar mens wonder of al die kerkraadslede altyd weet wat presies aan die gebeur is. Voorts skerts ons ook oor party mense wat dink kerkorde is ‘n vloekwoord, en dat Sinode eintlik net ‘n verskoning vir mense is om op die kerk se rekening te gaan eet. Nou kyk, ek ontken dnie dat daar sekere dominees is wat maar lief is vir die tee en toebroodjies nie, maar dis nie altyd so nie. So terloops, miskien moet ons Streeksinode dit oorweeg om anderkant die Apies rivier te gaan kers opsteek, want as die dominees daar bewys kan lewer dat hulle aan ‘n <em>gym</em> behoort, kry hulle VBO punte wat ons nodig het om dominees te wees. Ewenwel, uit ons gesprek is dit duidelik dat die oënskynlike negatiwiteit jeens die Kerk as instelling nie altyd die uniforme tendens is nie.

nog ‘n saak wat duidelik na vore kom is die behoefte om te gesels, en planne te maak vir ons kerk. Die situasie op die plateland is kompleks en gemarginaliseerd, maar ons moet met planne vorendag kom. Nee, al ons gespreksgenote is dit eens dat ons moet bid sodat die here ons deur die Gees die planne kan gee, asook die mense/vaardighede/wysheid om hierdie planne in werking te stel. Dit is die behoefte. Om geloofsonderskeidend te bid vir ons gemeenskap. Vir ons gemeente.

Die logiese konklusie is dat ons as plattelandse gemeentes ‘n behoefte het aan leierskap wat die tendens hier verstaan en beleef. Jy gaan tog nie ‘n vegatariër vra om ‘n kookboek oor skaapvleisdisse te skryf nie? Ja, die vegatariër het al in sy/haar lewe vleis geproe, en was al teenwoordig as vleisdisse gaargemaak/geniet word, maar dit beteken nie dat hy/sy die kompleksiteit van die dis verstaan nie. Neem niks weg van die vegatariër nie, en ook nie van die mense wat huidiglik aan die stuur van sake staan nie. Jy gaan eerder ‘n Tannie hier uit ons eie distrik vra om vir jou die geheim van haar kerrietjops te vertel. En daarna die vegetariese vriend skakel om te hoor watteer bykosse jy op die vuur kan maak, want dit is sy/haar <em>forte</em>.
Dit is van die sake wat ons oor gewonder het, wat is jou opinie? Stem jy saam?

Terloops, jy kan die Sin ode van Oos Kapapland tydens die Sinode op die volgende maniere volg:
– Net hier, ek sal probeer om so gereeld moontlik hier ietsie te skryf.
http://www.facebook.com/ooskaap
– Volg NGK_OosKaap op Twitter